Die Paarliet Michelle Dreyer is as die vrouekampioen (40+) by die Suid-Afrikaanse moderne vyfkamp-tetrakampkampioenskap aangewys. Hiermee is sy ook vir die SA span gekies. Dreyer is ook tans besig om vir haar negende Comrades-marathon te oefen en beoog om haar persoonlike beste tyd van 7:18 te verbeter asook haar beste eindposisie van 16de algeheel! Moderne vyfkamp-tetrakamp is ’n Olimpiese sport en sluit die sportdissiplines van swem, skerm, hardloop, skiet en perdespring in. Wat Michelle se prestasie ook soveel meer merkwaardig maak, is die feit dat sy twee jaar gelede ernstig beseer is in ’n fietsryongeluk is waaruit sy wonderbaarlik herstel het. Foto:

Credit: SYSTEM

Vrouekampioen presteer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article