Die Ou Apostoliese kerk in New Rest, Wellington, het Vrouedag met ’n Afrika-tema gevier om die onderskeie kulture uit te beeld. Verskeie gassprekers het opgetree, soos Dawn Noemdoe (landboupraatjie) Bonita Abrahams (veiligheidswenke), Maritza Pietersen (Xhosa-lesse en -vermaak), Sophia Joseph (modewenke), Alexia Juries (sang), Richard Hala (vermaak), Tia Juries (vermaak), Monique Lewis (vermaak) en Shannon Links (vermaak). Die vroue is met heerlike kos bederf en is gemotiveer om hulself lief te hê, hul waarde te besef en te onthou hoe kosbaar hulle is. Die kerk het almal wat betrokke was om hierdie dag spesiaal te maak, bedank. Van links is Magdelene Daniëls, Regina Fritz, Lynette April, Magrieta Hala en Trudie Davids.
Credit: SYSTEM
Vrouedag met Afrika-tema gevier
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.