’n 40-jarige vrou van die Groot Drakenstein-gebied het die afgelope naweek ’n nagmerrie beleef toe sy herhaaldelik verkrag is.

Sers. Julian Martin, ’n woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, sê die slagoffer is verlede Vrydag (5 Mei) deur ’n paar mans, wat aan haar bekend is, in ’n voertuig gedwing. Die mans het glo met die vrou na ’n donker gebied tussen Franschhoek en Groot Drakenstein gery, waar hulle haar verkrag het.

“Sy is ná die voorval weer in Groot Drakenstein saam met een van die verdagtes afgelaai. Hy het haar weer die bos ingesleep, teen ’n boom vasgemaak en weer verkrag – en aangerand.”

Martin sê ’n 30-jarige man is intussen aangekeer en het Maandag in die Franschhoek-landdroshof verskyn. Hy word aangehou.

Intussen is die polisie nog op soek na ’n tweede verdagte wat glo ook in die saak betrokke is.

Martin het egter nie ’n beskrywing van die tweede verdagte verskaf nie, maar vra enigiemand met inligting oor die voorval en die tweede verdagte moet na vore kom.

Inligting kan deurgegee word op die polisie se blitslyn by 10111 of kan die Groot Drakenstein-polisie by 021 874 8000 kontak. . A 40-year-old woman, who lives in the Groot Drakenstein area, experienced a nightmare this past weekend when she was repeatedly raped.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article