Jong vrou (21) van Mbekweni se lyk in veld gevind; glo verwurg

Asiphe Cetywayo (21) Foto: Verskaf


Die liggaam van ’n 21-jarige vrou is Maandagmiddag (4 Maart) in ’n oop veld langs die Bo-dal-pad in die Paarl gevind.

Volgens AO Nceba Vanqa, ’n woordvoerder van die Mbekweni-polisie, het beeswagters op die vrou se liggaam afgekom.

Sy is as Asiphe Cetywayo van Phola Park in Mbekweni uitgeken.

“Die wagters het die polisie ingelig van die lewelose liggaam nadat hulle in die oop veld daarop afgekom het. Dit is in dieselfde veld naby Vlakkeland langs die Bo-dal-pad waar die inisiasieskole opgerig word.”

Vanqa sê ’n lykskouing moet nog gedoen word, maar dit lyk asof die vrou verwurg is.

“Sy het brandwonde aan haar bolyf gehad, bloed om haar neus en haar gesig was opgeswel. Die oorledene is Saterdag (2 Maart) laas saam met ’n verdagte in sy motor by ’n nabygeleë taverne gesien. Hy woon naby haar. Die polisie het op die verdagte se motor beslag gelê en hy is opgespoor, maar hy het van die polisie gevlug,” sê Vanqa.

’n 28-jarige man is intussen deur die polisie gearresteer en het reeds in die Paarl-landdroshof verskyn. Die verdagte wat ontsnap het is kort daarna opgespoor in Langa in Kaapstad waar hy weer gearresteer is. Hy verskyn Maandag (11 Maart) in die Paarl-landdroshof.

  • The body of a 21-year-old woman was found on Monday afternoon (4 March) in an open field along the Bo Dal Road in Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article