Ná die eerste uitstel binne die oënskynlik eindelose reeks rentekoersverhogings is baie huiseienaars dalk nuuskierig om te weet waarheen die plaaslike eiendomsmark op pad is – waar gaan rentekoerse wees en wat sal eiendomspryse nader aan die einde van die jaar doen?

Adrian Goslett, streekdirekteur en uitvoerende hoof van RE/MAX van Suider-Afrika, gee sy perspektief op die onderwerp en meen rentekoerse sal eers ná September ’n plato bereik.

“Ek glo ons sal teen daardie tyd (hopelik) goed genoeg binne ons inflasieteikens wees. Ek voorsien ook dat rentekoerse waarskynlik vir ’n rukkie bestendig sal bly en ons sal waarskynlik eers later in 2024 ’n afwaartse neiging begin sien,” voorspel hy.

Oor wat dit vir die plaaslike huismark gaan beteken, sê Goslett hoë rentekoerse beteken verbruikers se besteevermoë word beïnvloed.

“Minder mense wat effekte kan bekostig, sal tot minder transaksies lei. As dit vir ’n volgehoue tydperk gebeur, sal verkopers pryse afwaarts moet aanpas om hul huise verkoop te kry,” merk hy op.

Dit sal op sy beurt ’n invloed op gemiddelde huisprysstygings hê, wat Goslett voorspel waarskynlik nog ’n geruime tyd sal stagneer. Hy sê egter dit is gebiedsafhanklik.

“Semigrasie na die Wes-Kaap is ’n ware ding. Ten spyte van die feit dat RE/MAX SA meer agente het wat in Gauteng werk, het ons algehele YTD- geregistreerde verkoopswaarde in die Wes-Kaap vir die eerste keer in ’n baie lang tyd dié in Gauteng oorskry, en dit is gedryf deur hoër gemiddelde verkooppryse in die streek (R2,6 teenoor R1,5 miljoen),” verduidelik Goslett.

Met toegang tot kapitaal wat meer beperkend raak, voorspel Goslett ook dat mense meer geneig sal wees om huurooreenkomste te verleng eerder as om die huismark te betree, en hulle kan hulle selfs tot huur wend as ’n alternatief vir huiseienaarskap.

“ ’n Hoër vraag na huurgeld sal huurpryse opstoot of huurpryse tot die minimum hoog hou,” voorspel hy.

As jy ernstig is om vanjaar te verkoop, is Goslett se raad om seker te maak jou huis is akkuraat geprys of, met ander woorde, geprys om te verkoop.

“Die poel kopers in die laer- tot middelinkomstesektore het weens bekostigbaarheidsfaktore verminder. Minder kopers beteken meer mededinging vir verkopers, wat ’n bietjie meer onderhandelingsmag in die hande van die koper plaas.”

Sy raad aan verkopers sal wees om ’n ervare professionele eiendomspesialis te gebruik om te help om jou huis te waardeer en te verkoop.

Vir diegene wat hoop om onder hierdie toestande te koop, is Goslett se raad om vooraf gekwalifiseer te word voordat hulle gaan begin huise soek.

“Niks bederf die ervaring meer as om te vind wat jy glo die perfekte huis is, is weens bekostigbaar­heids­kwessies buite jou bereik nie. Om vooraf uit te vind en dan regstellende maatreëls in te stel indien nodig – om die verskil te versterk, sal verseker dat jy nie teleurgestel word wanneer jy na huise begin kyk nie.”

Hy waarsku eiendomswerkers ook dat aansienlik minder huise vanjaar verkoop gaan word.

“Dit is ’n feit. Maak seker jy is by ’n maatskappy wat ’n vergoedingsplan bied, wat jou in staat sal stel om meer per transaksie te verdien as wat jy voorheen het, en belangriker, ’n maatskappy wat die handelsmerkbewustheid, tegnologie, stelsels en gereedskap verskaf om jou te help om dit te bereik,” sluit hy af.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article