’n Vrou (36) van Klapmuts is na bewering erg deur haar voormalige kêrel aangerand en verkrag.
Sers. Bernadene Arendse sê die gru-daad het oor die naweek in die Mandela City- informele nedersetting gebeur. Die slagoffer het by ’n familielid se huis gekuier toe die verdagte daar opdaag.
“Die verdagte, die slagoffer se gewese kêrel, het glo na die huis gekom waar sy gekuier het, haar met geweld verwyder en met ’n panga en sambok in die teenwoordigheid van haar vriende aangerand. Hy het haar na ’n opslaanwoning in Mandela City geneem en haar glo verkrag,” voeg Arendse by.
Hoewel speurders van die Klapmuts-polisie ’n klagte van verkragting en aanranding ondersoek, is die verdagte nog op vrye voet.
Enigiemand met inligting oor die voorval en wat tot ’n inhegtenisneming kan lei, kan Klapmuts-polisie by 021 875 8000 kontak.. A 36-year-old woman from Klapmuts was allegedly badly assaulted and raped by her former boyfriend.




