Prof. Matilda Burden, kultuurhistorikus van die Universiteit Stellenbosch, het onlangs die vyfde Paul de Villiers-gedenklesing tydens die jaarlikse herdenking van die oprigting van die Anglo Boere-oorlog-monument op die Laborie-plaas, in die Laborie-historiese huis, gelewer. Wyle Paul de Villiers het in 1951 £5 000 in sy testament vir hierdie doel nagelaat. Die onderwerp het gehandel oor volksliedjies wat tydens die Anglo-Boereoorlog gesing is. Die geleentheid is goed deur verteenwoordiges van bevriende instansies ondersteun en ’n lewendige gesprek oor verskeie aspekte van die volksliedjies van daardie tyd, is gevoer. Bo is prof. Matilda Burden (derde van links, voor) saam met lede van die Trusteeraad, van links, prof. Dorothea van Zyl (beskermvrou), genl. Bertus Steenkamp (ABO-skrywer) en Albert Eksteen. Agter is dr. Carel Stander (voorsitter), Danie de Wet (beskermheer) en Andries Domburg.


Volksliedjies uit Anglo-Boereoorlog weer onthou

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article