Motoriste op die R44 buite Stellenbosch, het Woensdagoggend ’n ligtevliegtuig op die pad sien neerdaal nadat die enjin vermoedelik die gees gegee het en die vliegtuig ‘n noodlanding moes doen.
Die ligte vliegtuig met twee insittendes daarin het die aarde getref naby die aarbei-plaas buite Stellenbosch, nie ver vanaf die Stellenbosch-vliegveld, waar die vlieënier vermoedelik wou land.
Volgens bronne op die toneel, het die twee insittendes slegs ligte beserings opgedoen.
Die verkeer tussen Stellenbosch en Somerset-Wes was vir ‘n geruime tyd gesluit hierna.





