Die interskole tussen Hoër Jongenskool Paarl, wat die gasheer is, en Hoërskool Gimnasium Paarl, vind op die Faure-stadion in Faurestraat Saterdag 30 Julie vanjaar plaas.
In die woorde van die uitsaaier, wyle Gerhard Viviers: “Moet jy die hoed lig weer vir die Britse Eilande”.
Die vraag is vir watter span (Gim of HJS) moet die toeskouers sy hoed lig in die hoofwedstryd gedurende die eerste helfte en tweede helfte, want dan sien die skole rugby.
Aan watter kant gaan die straatligte nog donker wees Maandag 1 Augustus as almal weer terug is by hul onderskeie skole?
Dit sal ons weet as die eindfluitjie Saterdag 30 Julie vanjaar blaas.




