My geliefde Violets-rugbyklub is vanjaar 120 jaar oud.
Ek wil die nuwe bestuur alle sterkte en voorspoed toewens om die klub weer na nuwe hoogtes te neem. Ek hoop die feesviering sal vanjaar weer so wees soos 20 jaar gelede.
Gedurende die laaste dekade het dit nie altyd so goed gegaan met die klub nie. Ná die afsterwe van Sam Adonis het dit gelyk asof die kaartjie deurmekaar val. In die vyftig- en sestigerjare was daar ook probleme by die klubs, soos maar by alle klubs. Maar die manne wat in beheer van die klub was, was manne met inbors, uithouvermoë en visie.
Ek was deur die jare baie by die Violets betrokke – eers as speler en later ook as bestuurslid.
Ek was baie bevoorreg om reeds op 22-jarige ouderdom die kaptein te wees. Ek was ook die klub se eerste sportman van die jaar.




