Ek is eintlik skrikkerig om hierdie te deel, want dalk trek almal met voertuiglisensieprobleme uit die noorde van ons land Paarl toe . . .

Ek het die verkeersdepartement geskakel, die bedrag vir my voertuig se lisensie-hernuwing gekry, dit inbetaal, die betalingsbewys saam met die registrasiedokument, my ID en die voltooide vorm per e-pos na onlinerenewals@drakenstein.gov.za gestuur.

Elf minute nadat ek die send-knoppie gedruk het, het ek e-pos van ene Debmarie gekry: “U lisensie is gereed vir afhaal by Drakenstein-verkeersdienste, Bergrivier Boulevard.

Niemand kan vir beter diens as by daardie kantoor wens nie.


Malanè,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article