Podiumpret, in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement en die Boland Skool vir Outisme in die Paarl, nooi inwoners uit om te kom luister na aanbiedings deur verskillende raadgewers. Die geleentheid vind om 17:30 op 28 September by die Laerskool Paulus Joubert plaas.Die sprekers sluit in:
. Martin Lamprecht – gr. 6-leerder (op die ADHD-spektrum);
. Alex Cassim – gr. 12-leerder (op die outisme-spektrum);
. Jolani du Preez – laerskool-opvoeder;
. Sandra van Niekerk – hoërskool-opvoeder;
. Pauli van Niekerk – drama en sprekersvaardighede-spesialis;
. Marina Retief – skoolsielkundige (Wenke wat werk); en
. Dr. Chrissie Geyser – skoolsielkundige (ADHD in my huis – wat doen ek wat werk).
Die sprekers sal na afloop van die verrigtinge beskikbaar wees vir verdere gesprekke.
Belangstellendes kan hul plek teen 22 September bespreek. Skakel Carolina van der Westhuizen by 083 415 9083 of Kenneth Uren (Laerskool Paulus Joubert-skoolhoof) by 021 862 3690.




