Vier mans word tans deur die Paarl-polisie vir ondervraging gesoek nadat hulle verlede Dinsdag (13 Junie) ’n mini-mark in die Windmeul-omgewing net buite Paarl beroof het.

Die polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, vertel dat die vier verdagtes die mark-personeel met die intrapslag met hul vuurwapens gedreig het toe hulle die mini-mark om ongeveer 17:30 binnegestap het.

“Die verdagtes het kontant en hul selfone geëis. Hulle het daarna ook die klante van hul selfone beroof. Die verdagtes het in ’n voertuig met ’n onbekende bedrag kontant, sigarette en selfone van die toneel gevlug.”

. Enigiemand met inligting kan die Paarl-polisie by 082 469 1431 of 021 807 4015 skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article