Inwoners van Paarl-Oos teken jaar in en jaar uit vesel-internet-opnames, maar voel daar is nog geen teken dat vesel-kabels binnekort in ’n groot gedeelte van dié gebied geïnstalleer sal word nie.
Volgens Marius Wüst, Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van ingenieursdienste, was die opnames wat deur inwoners voltooi is, nie van die munisipaliteit nie, maar eerder van die verskillende telekommunikasiediensverskaffers wat marknavorsing gedoen het oor die gebiede waar hulle moontlik volgende hul dienste kan uitbrei of verbeter.
“Dit moet beklemtoon word dat die verskaffing van telekommunikasiedienste nie ’n nutsdiens is wat die Drakenstein-munisipaliteit verplig is om aan sy inwoners te lewer nie. Alle telekommunikasiedienste word tans deur private diensverskaffers soos Openserve, Vumatel, Lightstruck, Frogfoot, Vinet en ander verskaf, wat almal by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Icasa) geregistreer is.”
Wüst voeg by dat alle Icasa-geregistreerde diensverskaffers ingevolge die telekommunikasiewet, insluitend verskeie munisipale verordeninge, by die munisipaliteit aansoek moet doen as die diensverskaffers enige voorneme het om nuwe of gemoderniseerde infrastruktuur binne Drakenstein se jurisdiksiegebied te installeer.
Wüst sê die voorsiening van vesel-kabels het reeds in 2020 in Paarl-Oos begin. Twee diensverskaffers, naamlik Vumatel en Openserve, het infrastruktuur in Denneburg en Klein Parys aangebring. Openserve het glo daarna ook sy infrastruktuur in die Klippiesdal- en Charleston Hill-gebiede gemoderniseer om vesel te akkommodeer.
“Verskeie ander geregistreerde diensverskaffers ondersoek ook die voorsiening van vesel aan die ander Paarl-Oos-streke, wat onder meer, maar nie uitsluitlik nie, die Bloomsbury-, Klein Nederburg-, New Orleans- en Groenheuwel-gebiede insluit.
“Inwoners moet egter kennis neem dat die Drakenstein-munisipaliteit geen invloed het op wanneer en waar dié diensverskaffers van voorneme is om hul dienste in te stel nie.”
Die munisipaliteit het aan die begin van 2020 aangekondig dat hy gratis WiFi-toegang by die munisipaliteit se hoofgeboue sal bied.
Volgens Wüst is dié gratis diens steeds by munisipale biblioteke beskikbaar.. Residents of Paarl East have been signing fiber internet surveys year in and year out, but they feel there is still no sign that fiber cables will be installed in a large section of the area anytime soon.


