Elke jaar word Internasionale Verpleegstersdag op 12 Mei gevier, op die geboortedag van die beroemde verpleër Florence Nightingale.

Hier in Suid-Afrika het suster Henriette Stockdale onverpoosd teen enorme weerstand geveg om status aan die verpleegberoep te verleen.

Ek wil dus vir die duisende verpleegkundiges wat in dié besondere beroep diens van onskatbare waarde lewer ’n groot dankie sê. Dit is altyd ’n voorreg om na julle te kan uitreik, vreugde en hartseer te deel, maar ook te weet dat dié wat vrylik gee mildelik sal ontvang. Verpleegkundiges het net die slag om sonskyn te bring.

Ek wens alle verpleegkundiges ’n jaar vol voorspoed en sukses toe.


Hennie,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article