Groot Drakenstein se polisie het onlangs ’n paar suksesvolle vonnisopleggings gesien in sake van seksuele aanranding wat by hulle aangemeld is.
Sers. Charlene Pietersen, Groot Drakenstein-polisiewoordvoerder, sê in 2017 het sy ’n saak van verkragting geneem waarin die 38-jarige verdagte twee keer aangekla is van verkragtig. ’n Jong meisie, wat die slagoffer is en nog op skool was ten tyde van die arrestasie, het haar onderwyser vertel van die insident. Volgens die slagoffer is sy vir sowat ’n jaar oor naweke seksueel aangerand deur haar stiefpa se neef, wanneer haar ouers nie tuis was nie.
Die onderwyser het die ma ook gekontak om haar in te lig, waarna die meisie die misdaad teen haar bevestig het.
Pietersen sê die verdagte is op 21 April skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting. Hy is 12 jaar tronkstraf opgelê, waarvan 8 jaar opgeskort is.
In ’n afsonderlike voorval is ’n jongman vroeër vanjaar seksueel aangerand deur ’n 20-jarige man in Lanquedoc.
Die saak is aangemeld deur die slagoffer se ma. Pietersen sê volgens die ma was sy by die huis toe haar seun huis toe kom. Sy kon oplet dat hy nie homself is nie, maar hy het aangedring dat niks fout is nie. Nie lank daarna nie het drie vroue die slagoffer se ma ingelig dat hy verkrag is. Op 12 April het die verdagte 20 jaar tronkstraf gekry, waarvan drie jaar opgeskort is.
Albei verdagtes is gevonnis in die Paarl-streekhof. Pietersen voeg by dat albei onbevoeg verklaar is om ’n vuurwapen te dra, en dat hul name ook aangeteken is in die register van seksuele oortreders.
Al die aanklagte wat die verdagtes in die gesig gestaar het, is deur speursers. Preston Lombaard van die Stellenbosch-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek. . Groot Drakenstein police have recently seen some successful sentencing in sexual assault cases reported to them.




