Tussen 17 en 21 Maart heers groot opwinding in die Paarl wanneer die Hoër Meisieskool die Sportsmans Warehouse HMS-netbaltoernooi aanbied. Die skool se o.19A-netbalspan maak gereed om gasheer te speel vir die toernooi. Agter van links is Megan Yelverton, Bea Malan, Anke Stofberg, Lisa Mentz. Voor is Elzahn Nel, Hannah Gildenhuys, Kyla Dames, Milcah Visser en Saskia Botes. Foto: Verskaf


During the weekend of 17 – 21 March Paarl Girls’ High School will host the Sportsman’s Warehouse GHS Netball Tournament.

“We are aware of the fact that the increase in traffic will test the patience of everybody. We therefore have various measures in place.

Girls’ High is thus asking all parents and spectators to adhere to the following regulated traffic arrangements.”

Om ’n moontlike opeenhoping van verkeer in Hoogstraat te voorkom is met die verkeersdepartement ooreengekom dat gereguleerde eenrigtingverkeer in Hoog- en Zeederbergstraat vir die geleentheid toegelaat sal word.

Die Drakenstein-verkeersafdeling, met die hulp van CSG-veiligheidsmaatskappy, sal die skool hiermee behulpsaam wees.

Tye vir die regulering van verkeer:
. Vrydag 17 Maart: Gereguleerde verkeer van 12:00 tot 20:00. Saterdag 18 Maart: Gereguleerde verkeer van 07:00 tot 14:00. Sondag 19 Maart: Geen. Maandag 20 Maart: Gereguleerde verkeer van 07:00 tot 16:00. Dinsdag 21 Maart: Gereguleerde verkeer van 07:00 tot 14:00

Verkeersroete:

Draai uit Hoofstraat in Zionstraat. (Bossa Nova is aan jou regterkant).

Draai links in Klein Bos-en-Dal-straat.

Draai links in Hoogstraat (die skool is aan jou regterkant).

Volg die pad.

Voertuie mag aan die regterkant parkeer en nie aan die linkerkant voor die huise nie.

By die T-aansluiting, draai links in Zeederbergstraat in die rigting van Hoofstraat.

Geen parkering is by die HMS-parkeerterrein beskikbaar nie.

Gebruik die parkering by Bosa Nova en/of die Strooidakkerk.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article