Die Breytenbach-sentrum en dr. Mia Oosthuizen bied vanjaar hul eerste Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool aan.

Hierdie omvattende kursus duur 12 maande en bied skrywers die unieke geleentheid om aan die hand van gespesialiseerde hulp jou storie-idee te ontwikkel tot ’n afgeronde manuskrip, reg vir voorlegging aan ’n uitgewershuis.

Teen net R2 000 per maand kan jy jou skryfdrome vlerke gee en jou naam op boekrakke sien.

Die kursus begin op 30 April. Die kostes sluit in: Kursusmateriaal, een kontaksessie per maand op ’n Saterdag by die Breytenbach-sentrum in Wellington; koffie, tee en middagete word bedien; persoonlike en deurlopende terugvoer op skryfwerk; gassprekers soos van toepassing.

Naas die skryfoefeninge en kreatiwiteitsoefeninge wat skrywers elke maand tydens die kontaksessie voltooi, moet jy ook gedurende die maand ’n meer omvattende skryfopdrag voltooi. Elke skrywer kry terugvoer aan die hand van ’n leesverslag, spoorveranderinge en notas.

Die kursus bied plek vir net 12 skrywers. Moet dus nie wag nie.

Stuur iets wat jy geskryf het saam met ’n motivering oor hoekom jy die skryfkursus wil bywoon voor of op 7 April na dr. Mia Oosthuizen (miaoosthuizen@gmail.com) en Anne-Ghrett Erasmus (galery@breytenbachsentrum.co.za).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article