AfriForum se Paarl-tak het vandeesmaand in samewerking met Truekrav nóg ’n suksesvolle selfverdedigingswerksessie aangebied. Bykans 30 gemeenskapslede het geleer hoe om aanvalle wat met allerlei wapens uitgevoer word, af te weer. Die tegnieke is prakties vir mans en vroue. “Die selfverdedigingswerksessies word gereeld gehou en gegewe die hoeveelheid mense wat die jongste sessie bygewoon het, is dit duidelik dat gemeenskapslede ’n behoefte aan hierdie soort opleiding het,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland. Hierdie was die derde werksessie van sy soort en tot dusver is sowat 70 mense in kontakvegkuns opgelei. AfriForum se Paarl-tak is daartoe verbind om die gemeenskap te bemagtig om hulself en hul gesinne te verdedig as dit nodig sou wees. Hierdie werksessies help ook om individue se algehele paraatheid te verskerp. Nóg selfverdedigingswerksessies word vir die toekoms beplan. Gemeenskapslede wat hierby betrokke wil raak kan e-pos aan paarl@afriforumtak.co.za stuur of www.wordlid.co.za besoek om meer oor AfriForum se Paarl-tak en die Paarl Noord-buurtwag te wete te kom.Foto:


Verdedig jouself só

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article