Van die gesteelde skroot, wat vermoedelik by ’n plaaslike treinstasie gesteel is en deur middel van die hulp van die Paarl-polisie gevind is.


Beamptes van die Paarl-polisie en die blitspatrollie het Maandag (28 Augustus) inligting van die Transnet-ondersoekspan ontvang oor ’n voertuig wat moontlik gesteelde Transnet-eiendom vervoer.

Die voertuig is opgespoor en agtervolg nadat dit by ’n ongeregistreerde gebruiktegoederehandelaar in Paarl-Oos gesien is.

Die voertuig is voorgekeer toe die bestuurder op die N1 wou indraai.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem weens die besit van vermeende Transnet-eiendom, wat substasiekabels, ander trein-onderdele, oorhoofse kabels en ander eiendom insluit.

Die geraamde waarde van die gesteelde eiendom moet nog bepaal word.

Die verdagtes moet nog in die Paarl-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article