Hugenote Laerskool se leerders en onderwysers het verlede Woensdag (15 November) ’n kankerbewusmakingsveldtog van stapel gestuur. Hierdie inisiatief is ter ondersteuning van mense in hul breë en ouergemeenskap wie se lewens daagliks deur ’n kankerstryd geraak word. Kansa en Toktokkie het die leerders meer oor voorkomende gedrag, wat kan help om hulself teen kanker te beskerm, kom vertel. Nuttige wenke vir ’n gesonde leefstyl is ook gedeel. Saam met Toktokkie op die verhoog is, van links, Nina Burger, Pierre Burger, Etienne van der Merwe en Landile Mfundisi.


Veldtog ten bate van diegene wat deur kanker geraak word

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article