Lede van Paarl se Titans Skopboks Akademie het onlangs aan die Wes-Kaapse Skopboks Kampioenskappe deelgeneem. Agt vegters vanuit die Kaapse Wynlande het hul Wes-Kaapse kleure ontvang en sal nou op 22-27 April aan die SA-kampioenskappe in Potchefstroom deelneem. Indien enigiemand die leerders kan bystaan met borgskappe vir van die onkostes van die toernooi, kan hulle Gerine de Wet bel by: 072 447 2576. Hier is die Titans se Wian Venter (16) in aksie by die Wes-Kaap-kapioenskappe.


Vegters verdien hul kleure

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article