Waarom is die straatligte gedurig in die donker gedeeltes van die Wemmershoek-pad tussen Boschenmeer en Val de Vie af? Dan ook van die Mall in Ceciliastraat in die rigting van die Parys-pad.

Dit was verlede jaar ook so en dra by tot ’n geweldige veiligheidsrisiko?


J.H,

Paarl

Hierdie is ’n gebied wat op die oomblik geteister word deur gereelde koper­diefstal, asook ernstige en aanhoudende vandalisering van straatbeligting-infrastruktuur. Die aanhoudende herstel van dieselfde skade oor en oor plaas groot druk op Drakenstein-munisipaliteit se begroting en die uitvoer van normale straatlig-instandhoudings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article