Die Mercedes-Benz-wrak by Paarl se polisiekantoor.


“Die polisie kan bevestig dat die oorledene, Ruan van Rooyen (24), met hul aankoms alleen op die ongelukstoneel gevind is. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.”

So lui die amptelike verslag van die Paarl-polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis.

Van Rooyen is verlede Donderdagoggend dood en nog twee mense is beseer toe die Mercedes-Benz waarin hulle gery het, om 02:30 op die Malmesbury-pad net buitekant Paarl gerol het.

“Die bestuurder het na bewering beheer oor die motor verloor, wat daartoe gelei het dat dit rol. Een passasier is in die ongeluk uit die motor geslinger en is op slag dood,” lui die polisieverklaring.

Du Plessis verduidelik dat die bestuurder van die voertuig, sowel as ’n vroulike passasier, met ’n private voertuig na ’n plaaslike hospitaal gebring is.

Dié twee insittendes, Jandre Britz en Michaela Smit, is met ernstige beserings na Mediclinic Paarl geneem.

Dit blyk polisiebeamptes het by naasgeleë hospitale navraag gedoen om hulle op te spoor.

“Die polisie het gevind dat die bestuurder en passasier reeds mediese behandeling ontvang het, dus kon ’n bloedtoets nie uitgevoer word nie.

“Die behandeling sou die resultate van ’n bloedalkoholtoets belemmer.”

Britz is kort hierna ontslaan, terwyl Smit na die waakeenheid verskuif is.

Van Rooyen het die vorige dag sy laaste dubbelskof as kroegman by die Breezy Hill Pub, tussen Paarl en Wellington, gewerk.

Van Rooyen se meisie, Kayleigh Bonodo (25), het in ’n onderhoud met Die Burger vertel dat hy sy laaste dae by haar en haar ma deurgebring het.

Van Rooyen het haar nog Woensdagoggend wakker gemaak en gegroet voordat hy vertrek het op pad werk toe om betyds vir die tienuur-skof in te klok.

Bonodo het die Woensdagaand vir Britz en Smit by die Bossa Nova Good Times Bar & Restaurant in die Paarl, waar sy as kelnerin werk, gesien kuier.

Hulle het glo vir Van Rooyen by die Breezy Hill Pub gaan haal nadat hulle van Bossa Nova weg is.

Toe sy skof verby was, het hulle volgens Bonodo saam by EJ’s Sports Pub & Grill in die Paarl gaan kuier. Dit was nie meer lank voor die tragiese noodlot Van Rooyen sou tref nie.

Van Rooyen se vriendin Deoné Zeelie het ter ere van sy nagedagtenis die volgende met Paarl Post gedeel:

“Ruan was ’n ware opregte mens wat ek oor twee jaar hier in Wellington leer ken het.

“Hy sou enigiets vir enigiemand doen, al beteken dit dat hy niks vir homself oorgehad het nie.”

Zeelie sê hy word deur ’n jonger sussie en sy ma, Jenifer van Niekerk, oorleef.

“Hy het altyd gesê hy wil eendag baie suksesvol wees om vir sy ma-hulle te kan sorg.”. A 24-year-old man from Wellington, Ruan van Rooyen, died and two other inhabitants were seriously injured following an accident on the R45 outside Paarl. A case of culpable homicide is being investigated after the driver allegedly lost control over the vehicle, that caused it to roll.

Two other inhabitants, Jandre Britz and Michaela Smit, were privately transported to Mediclinic Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article