Drie jong karatekas van die Paarl het onlangs hul swartgordels by die Overberg-Goju-Kai verwerf. Die karatekas het ’n spesiale graderingseminaar bygewoon wat deur die Afrika- hombu dojo (hoofdojo) in Kaapstad aangebied is. Voor van links is: Kyle Hess (Hoër Jongenskool Paarl), Draigon Slater (Durbanville), Kofi Achiano (Stellenbosch), Troy James Bower (Durbanville), Luanne du Plessis (WA Joubert Paarl), Johann van Zyl (Durbanville), Camryn de Beer (Strand) en Le Roux van Wyk (Hoër Jongenskool Paarl). Luanne (15) is die enigste meisie asook die jongste in die groep.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article