Die Breytenbach-sentrum se gemeenskapsgalery wat genoem is na Cloete Breytenbach bied weer ’n fotografie-uitstalling aan. Die uitstalling, Naweek in Moskou 1998, begin vanaand (Donderdag 5 Mei) om 18:00.

Eben Human het in 1998 as sportskrywer in Moskou beland toe die stad in ’n bank-krisis was. Met sy aankoms vind hy sommige strate vir die Moskou-fees gesluit. Van die vroue in helderkleurige tradisionele drag was van die Oekraïne.

Op ’n Saterdagoggend is daar troupaartjies in ’n park. Baie mans het verkies om jonk te trou voor hulle vir hul verpligte diensplig in die Russiese weermag moes aansluit.

Daar is ook ’n betoging by die Rooiplein en van die plakkate lui: “Weg met Yeltsin.”

In 1999 bedank Boris Yeltsin onverwags as president van Rusland. Kort daarna begin die era van Wladimir Poetin as Russiese leier.

Poetin se inval in die Oekraïne is vanjaar groot nuus. Van die mense op die foto’s kon al in die konflik gesterf het – as soldate of burgerlikes.. Saterdag 14 Mei om 11:00 vind die boekbekendstelling van Nog stories teen my muur deur die bekende afgetrede kurator van George, Matthys Strydom, by die Breytenbach-sentrum plaas.

Hierdie boek is die opvolg van sy eerste boek, Stories teen my muur. Matthys se boek handel oor die kuns in sy private versameling. Annari van der Merwe sal die gesprek lei.. Saterdag 21 Mei om 10:00 vind die werksessie getiteld Tekstiel as Kwas plaas.

Kom skep ’n kunswerk met tekstiel onder leiding van die hoof van die kunsdepartement, Deidre Victor. Die werksessie sluit ’n ligte ete in en sal die meeste van die dag duur. Die koste is R350 per persoon. Bespreek jou plek by galery@breytenbachsentrum.co.za of by 083 415 0002.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article