Het jy vergeet om planne te maak vir Valentynsdag? Wel dit is nog nie te laat nie.

Paartjies kan vanaand ‘n romantiese piekniek in die Afrikaanse Taalmonument se
tuine geniet terwyl die son sak en die sterre begin skitter.

Jy kan jou eie piekniekmandjie neem of een vooraf bestel by die Suikerkan op 082 216 2510. Die Taalmonument sal vanaand oop wees tot 22:00. Normale toegangsfooie geld.

Vir meer besonderhede besoek taalmonument.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article