Die laaste dag waarop matrieks hul skoolklere aantrek, het aangebreek, met matrikulante wat hul laaste eksamen klaar geskryf het en wie se vyf jaar op hoërskool nou verby is. Die Hoër Jongenskool Paarl het hiermee ook sy tradisie voortgesit waarvolgens elke matriekleerder na afloop van sy laaste eksamen die skoolklok gelui het, asook hul skoolskoene uitgetrek het om aan minderbevoorregtes te skenk. Dit is ’n tradisie dat Boishaaiers hul skoene skenk – jy stap van die skoolterrein en laat jou voetspore in die skool se geskiedenis agter. Regs is Matthew van Eyck en Ruan van Willing, kant en klaar met matriek, en hulle neem afskeid van hul skoolskoene.
Vaarwel, skoene!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.