Die paneel wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) se rektoraat aangestel is om die ongeruimdhede binne die Wilgenhof-manskoshuis te ondersoek, se hoofaanbeveling was dat die koshuis sy deure permanent moet sluit.
“Die [US] rektoraat het die hoofaanbeveling van die paneel eenparig aanvaar dat die Wilgenhof-[mans]koshuis gesluit moet word. Die rektor sal nou by die raad aanbeveel dat Wilgenhof gesluit moet word, en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg moet word. Die Raad sal die rektor se aanbevelings by sy vergadering op 24 Junie 2024 oorweeg.”
Volgens prof Wim de Villiers, US se visekanselier, aanvaar die US die paneel se aanbeveling, maar verduidelik dat die finale besluit op die US se raad rus.
“Indien die [US] raad hierdie aanbeveling, op aanbeveling van die paneel, aanvaar, sal dit tot die sluiting van Wilgenhof aan die einde van die 2024-akademiese jaar lei. Alternatiewe gebruike van die ruimte sal bespreek word met die oog daarop om dit in 2025 in werking te stel.”
Dít is volgens ’n verklaring van die paneel wat aan die Paarl Post gestuur is.
Bewysstukke wat in Januarie vanjaar die lig gesien het oor Wilgenhof se beweerde argaïese inisiasie-praktyke, met verskeie koshuis-inwoners wat die fluitjie geblaas het oor presies wát in die donker gange van Wilgenhof plaasgevind het, het Suid-Afrika aan die gons gehad.
Twee kamers genaamd die “strafkamer en Hool 88” met verskeie toebehore in was gedeel met die media nadat ’n oudit van die koshuis se ruimtes en geriewe gedoen is voor die nuwe inwonende koshuishoof (Ashwin Daniels) sou sy pos sou betree
Intussen was verskeie opinies in die media geopenbaar, onder andere dié van Edwin Cameron, kanselier van Stellenbosch, asook Christo Wiese wat in ’n vorige onderhoud met Netwerk24 gesê het die storie oor die koshuis se inisiasie praktyke is “oordrewe”.
Beide Cameron en Wiese was woonagtig in Wilgenhof.
Die panneel bestaan uit adv. Nick de Jager, dr. Derek Swemmer (voormalige registrateur van die Universiteit van die Witwatersrand) en Penny van der Bank (adjunkregistrateur van vir oorsigbestuursondersteuning aan die US) wie getaak is om “ondersoek in te stel na die inhoud wat gedurende ’n oudit van die ruimtes en geriewe in die koshuis gevind is en om aan die rektoraat verslag te doen oor hulle bevindinge en aanbevelings”.
- Volgens die verklaring van die paneel was die “[US] rektoraat se opdrag aan die paneel om die inhou van die twee kamers te bestudeer met die volgende doelwitte in gedagte:”Om ’n begrip te vorm van die historiese, kulturele en simboliese dimensies van die inhoud en funksies van die twee vertrekke en dit teen die agtergrond van en en kulturasiepraktyke by Wilgenhof-koshuis te oorweeg, en die rektoraat van raad te bedien;
- Om in detail die betekenis van die inhoud en funksies van die twee vertrekke binne die breër institusionele kultuur en werksaamhede van US-koshuise te oorweeg;
- Om te evalueer of, en in watter mate, die rekords, praktyke en algemene kultuur van Wilgenhof teenstrydig is met die waardes van die US en inbreuk kan maak op die menswaardigheid van huidige en voormalige US-personeel en studente.
- Om te bepaal of onaanvaarbare praktyke in Wilgenhof met verloop van tyd deur universiteitspersoneel, alumni of studente verswyg of verdoesel is; en
- Om te bepaal of daar bewyse van gedrag deur vorige en/of huidige studenteleierskap en/of bestuur van Wilgenhof is wat strydig is met enige beleide, regulasies, reëls van die US.
Deur die jare is bestuursdokumente verskeie kere hersien en gewysig, aangesien die Universiteit transformasie ten volle omarm en ongeregtighede van die verlede aangepak het.
Sedert 2003 het die US hard daaraan gewerk om historiese sistemiese probleme binne die koshuisruimtes aan te spreek en om die kultuur, ingesteldheid en praktyke aan te pas, te transformeer en te verander om dit met die Grondwet van Suid-Afrika en sy beginsels, insluitend dié van menswaardigheid, te belyn.
Dit is onder meer gedoen deur die bestuur se verbintenis tot die US se visie en waardes, uitgebreide gesprekke met studente, deeglike opleiding van studenteleiers, werkswinkels, mentorprogramme en nuwe beleide, reëls en regulasies vir studentegemeenskappe.
Dit sluit hersiene koshuisreëls (2021), ’n hersiene dissiplinêre kode vir studente van die US (2021), ’n nuwe koshuisplasingsbeleid (2023), asook ’n nuwe regulasie vir die aanstelling van koshuishoofde (2023) in.
Die paneel se verslag word tans deur die rektoraat ondersoek met geen datum van besluitneming bekendgemaak nie.





