Die Boland-eenheid van die Suid-Afrikaanse Weermag-vereniging het verlede Sondag (12 Junie) ’n spesiale erediens by die NG gemeente Toringkerk in die Paarl aangebied. Die doel van die diens, wat vanjaar die tweede keer aangebied is, was eerstens om al die uniformdraende dienste, wat die Boland-gemeenskap onbaatsugtig dien, te bedank vir hul diens op vele terreine. Verteenwoordigers van die plaaslike verkeersdepartement, gevangenisdiens en openbare veiligheid het die geleentheid saam bygewoon. Tweedens was die doel om aan die Here dankie te sê vir Sy beskerming dekades gelede, “wat ons juis beskerm en bewaar het sodat ons tot vandag in staat is om as veterane saam te kan aanbid en Sy naam te eer”. Die oggend is saam met lede van die Komesho Shellhole van die plaaslike MOTH geniet om ’n afvaardiging van die Drakenstein SAKK (die SA Kleurlingkorps) te kon verwelkom. Die SWA-gebiedsmag was as gas teenwoordig.

Credit: SYSTEM

Uniformdraers bedank

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article