Die Sakekamer het met skok verneem dat Francis Nieuwoudt by die kamer bedank het. Sy het 14 jaar teen geringe vergoeding onbaatsugtig ’n reusetaak verrig en Paarl Sakekamer opgebou tot ’n rolmodel vir ander sakekamers, wat nie maklik geëwenaar sal word nie. Daar kom egter ’n tyd dat rand en sent begin tel en sy het vir haar ’n pos in die sakesektor beding wat haar finansiële behoeftes sal kan bevredig – veral haar ambisie om weer deur die wêreld te kan toer. Sakekamer se beste wense vergesel haar op haar lewensreise. Bon voyage, Francis – ons by die Sakekamer gaan jou mis! Verder gaan die Sakekamer voort soos altyd. Foto:
Tyd om te gaan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.