Twee verdagtes, onderskeidelik 19 en 34 jaar oud, is verlede Vrydag deur die provinsiale-verkeersdepartement in hegtenis geneem in verband met die besit van ’n gesteelde voertuig.

Die Paarl-polisie se woordvoerder, kapt. Louise du Plessis, het die inhegtenisnemings bevestig nadat roetine-padblokkades en voertuigkontrolepunte in en om die Paarl-omgewing uitgevoer is.

“Lede van die provin­siale verkeersdepar­tement het Vrydag omstreeks 23:50 die voertuig by ’n padblokkade op die N1-snelweg afgetrek. Met die ondersoek na die geldigheid van die bestuurs- en motorlisensies is ontdek dat die Toyota Etios waarmee hulle gery het as gesteel aangemeld is,” lui Du Plessis se verslag.

Die twee verdagtes het gister in die Paarl-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article