Jurian Dreyer en Alicia Esterhuizen, albei gr. 7-leerders aan die Laerskool Courtrai, het onlangs aan die SA Judo Ope-kampioenskap deelgeneem. Jurian het vierde geëindig in die individuele kompetisie en tweede in die spankompetisie. Hy het ’n silwermedalje daarvoor verwerf. Alicia het op haar beurt ’n silwer medalje in die individuele afdeling en goud in die spankompetisie gewen.
Twee kry silwermedaljes
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.