Twee buitelanders is verlede Vrydag (3 Februarie) vir die besit van dwelms met ’n straatwaarde van R115 000 by ’n woonstelblok in New Orleans in Paarl-Oos in hegtenis geneem.
Drakenstein-munisipaliteit se wetstoepassingsbeamptes, verkeersdienste asook Paarl-Oos-polisie was deel van die suksesvolle inhegtenisnemings.
Kapt. Basil Seekoei, woordvoerder van Paarl-Oos-polisie, het die inhegtenisneming van die verdagtes van onderskeidelik 40 en 33 jaar bevestig.
“Die verdagtes is by Azari Flats met tik, Mandrax en heroïen betrap. Daar is ook beslag gelê op kontant wat vermoedelik uit misdaad bekom is. Die geskatte straatwaarde van die dwelms is ongeveer R115 000.”
Die mans het Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn.
- Two men were arrested last Friday (3 February) for the possession of drugs at an apartment block in New Orleans in Paarl East.



