Die twee verdagtes, Jillian Cloete en Mninawe Vango, in die moordsaak van die 83-jarige Joan Joyi (née Carolissen) het vandeesweek weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Die bejaarde weduwee is op 2 Desember 2020 in haar huis in Elrichesingel in Charleston Hill in Paarl-Oos vermoor.

Dit het omstreeks 22:00 die betrokke aand gebeur. Joyi se oppasser, wat saam met haar gewoon het, is glo vir haar moord aangekeer, asook ’n jong man.

Paarl Post het vroeër berig Joan en haar oppasser, Cloete, is in ’n beweerde huisroof oorval en vasgebind.

Joan Joyi

Joan Joyi

Die mans het toe glo die huis geplunder op soek na waardevolle goedere. Joyi is vermoedelik met ’n tou verwurg, terwyl die oppasser na bewering in die badkamer toegesluit is.

Nadat die mans gevlug het, het Joyi se oppasser glo daarin geslaag om haarself te bevry en hulp te ontbied.

Die Paarl-Oos-polisie het kort ná die voorval aan Paarl Post gesê die mans het met twee selfone, ’n platskermtele­visiestel en ’n naaimasjien weggekom. Hulle het na bewering in ’n voertuig van die toneel af gevlug.

Voordat Joyi afgetree het, was sy ’n verpleegster van beroep en het veral baie werk onder MIV/vigs- en TB-pasiënte gedoen. Joyi se man is net ’n paar maande voor haar moord oorlede. Die paartjie het nie kinders van hul eie gehad nie. Die saak word deur die Paarl-Oos-polisie se speurafdeling ondersoek.

Die saak is Maandag (4 Desember) tot 29 Januarie uitgestel. Cloete, wat iets in die sestig is, se borgtog is tot dan verleng.

Vango, wat vroeg in die dertig is, word aangehou totdat hy weer in die hof moet verskyn.. The two suspects, Jillian Cloete and Mninawe Vango, in the murder case of 83-year-old Joan Joyi (née Carolissen) appeared again in the Western Cape High Court this week.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article