Tristan Ane Cyster, ’n gr. 8-leerder aan Groendal Sekondêr in Franschhoek, is onlangs aangekondig as een van die wenners in die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se biblioteek-kompetisie van 2023. Die kompetisie het einde verlede jaar plaasgevind, ter ere van internasionale skoolbiblioteekmaand, en leerders kon ’n gedig skryf of ’n tekening indien. Die tema was #BackOnTrack with School Libraries. Met haar inskrywing was Tristan nog in gr. 7 by Groendal Primêr. Tristan het die Afrikaanse afdeling in die gr. 4-tot-7-afdeling gewen. Sy het ook R30 000 vir haar skool gewen om op sy biblioteek uit te gee. Lees Tristan se wen-gedig, “Die boekwurm”, hiernaas.


Die boekwurm

Van kleins af was ek lief vir lees

Tot Covid my kom wys van vrees.

Min het ek toe aan ’n boek gevat

Tot mamma sê sy gaan my slat.

Die liefde moes ek gou trugkry

Want juffrou het met my gestry.

Gaan haal ’n boek in die biblioteek

Voor Mnr Afrika vir julle preek.

Wyse woorde het oor my lippe gestroom

Ek’t al later van boeke gedroom.

Mamma was nie meer so kwaad

Vir eenkeer doen ek ’n goeie daad.

Boeke het my slim gemaak

Niks anders maak vir my meer saak.

Boeke lees sal jou ver nog bring

Jou vriende sal daardeur uitkring.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article