Inskrywings is nou oop vir die lank verwagte Rhodes Quality-halfmarathon in Wellington.
Die SAD-Safari-halfmarathon was vir langer as 30 jaar een van die top- langafstand-uitdagings in die Boland. Nou het ’n nuwe borg, Rhodes Quality, die borgskap van hierdie premier-halfmarathon in die Boland oorgeneem. Die byeenkoms sal op Werkersdag – Woensdag 1 Mei – plaasvind.
Hoewel die wedloop ’n nuwe baadjie het, gaan dit steeds ’n vooraanstaande hardloop-geleentheid wees, wat ook deel van Boland Atletiek se halfmarathon-kampioenskap sal wees.
Benewens die gewilde halfmarathon-afstand sal daar ook 10 km- en 5 km-wedlope wees wat op ontspanningsdeelnemers en gesinne gemik is.
Die geleentheid begin en eindig weer in die nabyheid van die Hugenote Hoërskool in Wellington.
Die roete sluit skouspelagtige natuurskoon in en is ideaal vir alle vlakke van hardlopers, insluitend stappers, aangesien daar amptelik geen spertye is nie.
Almal wat hul wedloop in die verskillende afstande voltooi, sal ’n medalje ontvang.
Deelnemers aan die halfmarathon sal ’n geskenkpak ontvang, gevul met ’n verskeidenheid heerlike Rhodes Quality-produkte.
Ander vennote sluit die Wellington-atletiekklub en die Wellingtonse Rapportryers in.
Vanjaar se liefdadigheidsorganisasie-begunstigde is die Huis Andrew Murray se kinder- en jeugsorgsentrum.
Alle paaie lei op 1 Mei na die skilderagtige dorpie Wellington – teken dus hierdie gewilde geleentheid nou in jou kalender aan.. Besoek www.topevents.co.za om in te skryf en vir meer besonderhede.




