Die stryd om liga-eerbewyse in die Paarl-rugbystreek word al hoe groter, met die topaanspraakmakers wat almal die afgelope Saterdag gewen het.
Young Standards het voortgegaan om druk op ligaleiers Young Gardens toe te pas. Standards het Paarl Rangers oortuigend met 30-14 geklop.
Young Gardens het Violets Paarl met 52-16 vernietig, terwyl Riverstones diep moes delf om Simondium met 26-22 te troef.
Laer Paarl was heeltemal te goed vir Allandale en het hulle gemaklik met 44-11 geklop.
Young Gardens behou hul vyf punte op Standards vir ’n voorsprong boaan die puntelys, maar Standards het ’n wedstryd in die hand.
Die naweek se bepalings:
Violets t. Simondium, Dal Josaphat
Young Gardens t. Perel United, Dal Josaphat
Allandale t. Young Standards, Drakenstein
Laer Paarl t. Paarl Rangers, Dal Josaphat





