Dit is met skok dat ek onlangs lees oor die munisipaliteit se kortsigtige besluit om sy finansiering van die toerismesektor te staak. Dit is geen geheim dat wyntoerisme ’n reusagtige faktor in die SA toerismebedryf is nie en nie net derduisende binnelandse besoekers nie, maar ook buitelanders na die wynlande lok. En Paarl en Wellington is in die hartjie hiervan.

Ons weet ook toerisme bied talle werksgeleenthede – ’n reusepotensiaal.

Jare gelede het die belese stadsvaders van Stellenbosch ook besluit dat hulle toerisme kan dryf. Dit was ’n volkome flater, en hoewel hulle steeds goed finansieel tot Stellenbosch en Franschhoek se toerisme bydra, laat hulle dit onafhanklik bestuur, wat ’n bewese sukses is. Die vraag wat dus in my kop draai, is: Wat is die munisipaliteit se modus operandi met die gedagte om self toerisme te bestuur – weer baantjies vir boeties wat na ’n sinkende skip gaan lei?


K. van Wyngaard,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article