Wellingtonners kan ’n titaniese klubrugbystryd die naweek verwag wanneer Hillcrest United en Roses United mekaar pak.

Hierdie beloof om een van die grootste derby-stryde van die jaar te wees.

Die aksie begin 13:30 op Bolandpark met die hoofwedstryd wat om 16:00 afskop. Rugbyliefhebbers word aangemoedig om vroeg hul sitplekke te kry aangesien Covid-19-regulasies toegang tot die stadion sal beperk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article