’n 18-jarige verdagte is die afgelope week in hegtenis geneem nadat ’n 10-jarige meisie se lewelose liggaam in Mbekweni gevind is.
Polisiewoordvoerder, sers. Wesley Twigg, het die voorval bevestig aan ’n aanlynnuusdiens.
Dit volg ná die slagoffer se oorskot Vrydag in Lazolastraat, A-blok in Mbekweni ontdek is. Sy was deur nooddienswerkers op die toneel dood verklaar.
Dit is nog nie bekend wat tot die arrestasie van die tienerseun gelei het nie.
Die verdagte sal die week in die Paarl-landdroshof verskyn.
Medianavrae aan Paarl- en Mbekweni-polisie oor die voorval is nog nie beantwoord nie.
Lees die volle storie in die week se nuutste uitgawe van die Paarl Post.





