Als verander en verandering is soms goed, maar ek is diep teleurgesteld oor die Bergrivier-kanomarathon wat vanjaar ’n nuwe beginpunt gehad het.

Daar is seker verskeie finansiële en bemarkingsredes vir die skuif na die brug by Val de Vie en glo meer aksie op die rivier op pad na die Markstraatbrug, maar dit is my beskeie mening dat sekere dinge nie aan gekarring moet word nie.

As kind het my oorlede oupa elke jaar ons as kleinkinders gevat om na die begin van die Bergrivier-kanomarathon te gaan kyk. Stewels aan en soms met ’n sambreel in die hand het ons opgewon­de gewag vir die roeiers om weg te spring. Dit was so mooi om te sien. Al die inwoners, of jy nou moeite gemaak het om tot daar te gaan en of jy dalk net in die dorp rond was daardie tyd, het gestaan op die brûe, op die rivierwalle en die deelnemers toegejuig.

Ek het dit my werk gemaak om jaarliks my kinders ook die ervaring te gee om al die roeiers te sien wegspring. Hul opgewondenheid het my herinner aan toe ek eers daar as kind gestaan het. En ja, ’n mens kan seker nog steeds op die brûe staan en wag vir die roeiers, maar dit is ongelukkig nie dieselfde nie.


Gayle,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article