Maandag was vir ’n verandering ’n plesier in Lady Greystraat, Paarl. Daar was ses verkeersvoertuie by Lady Grey Fisheries en daarom het die taxi’s vir ’n verandering almal mooi gery.

Maar net mooi die volgende dag en sonder die teenwoordigheid van die verkeerspolisie, toe is als weer terug na “normaal” met taxi’s wat hul skrikbewind op die paaie uitvoer.

Die verkeerslig byvoorbeeld by Jan van Riebeeckrylaan by Tiger Wheels tel eenvoudig nie vir die taxibestuurders nie. Hulle ry hier eenvoudig net oor rooi ligte en voor ander motors in wat daar wag om in Lady Greystraat in te draai.

By Lady Grey Fisheries kan ’n mens ook nie verbyry nie, want dikwels staan drie taxi’s langs mekaar om mense af te laai.

By Standard Bank is dit dieselfde. En as jy die toeter druk, word jy sleggesê en handgebare word gewys.

Die taxi’s is al hoe lank ’n probleem, maar niks word aan hulle gedoen nie.


Bekommerde motoris,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article