Inwoners van Charleston Hill is keelvol vir die geraas wat taxi’s in hul buurt maak. Foto:

Credit: SYSTEM

Die Drakenstein-munisipaliteit sê hy sal taxi’s wat in die nabyheid van die TC Newman-daghospitaal geraas maak met ’n fyn oog dophou.

’n Bejaarde vrou wat op Charleston Hill naby die daghospitaal woon, vertel sy het onlangs ’n taxibestuurder aangespreek. Hy het haar glo diep in die oë gekyk en net verder sy toeter tot doer in die verte laat hoor.

“Die taxi’s kom en laai mense by die daghospitaal op, en dit is reg so, maar dit is regtig onnodig van hulle om met hul toeters so ’n geraas te maak. Dit is mos darem ’n woonbuurt.”

Gerald Esau, die Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste, sê die munisipaliteit sal gewis aandag aan dié klagte skenk.

“Die onnodige gebruik van ’n waarskuwingtoestel (toeter) is ’n oortreding in terme van die nasionale padverkeerswet, maar ook in terme van ons munisipale verordeninge. Wetstoepassing sal geskied om ’n einde aan hierdie geraas-oorlas te maak.”

. Inwoners word aangemoedig om sulke wetteloosheid by die wetstoepassings­afdeling by 021 807 8508 aan te meld.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article