Die Hoër Meisieskool La Rochelle het sy Dux-leerder by die skool se jaarlikse akademiese prysuitdeling aangewys.

Anike Mostert, ’n gr. 12-leerder, het die Kohn-wisseltrofee en boekprys vir die hoogste punte in fisiese wetenskappe asook die PriceWaterhouseCoopers-prys vir die beste student in beide rekeningkunde en wiskunde ontvang.

Behalwe vir hierdie pryse kry sy die top-10-balkie (wat sy kan hou) omdat sy in al drie kwartale in die top-10 was.

Sy het ook die Lizette Rabe-prys vir ’n leerder met “innoverende denke” gewen.
Dié prys bestaan uit ’n groot geldprys asook ’n boekprys, geskenk deur Lizette Rabe vir die mees kreatiewe matriekleerder: iemand wat krities, uit-die-boks en innoverend dink, wat bestaande paradigmas bevraagteken, of sommer net iemand wat anders dink.

Sy het ook die Elma Hartmann-wisseltrofee, die Malanboekprys sowel as die D.C. le Roux-beurs (wat in 1979 die eerste keer ter nagedagtenis aan Le Roux se pa ingestel is) vir die hoogste punte in gr. 12 gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article