Tegniese spanne is na Franschhoek ontplooi te midde van ‘n reuse-kragonderbreking nadat ‘n brandende boom Sondagaand 11 Januarie op ‘n belangrike kraglyn by die Topiary-wynlandgoed op die Wemmershoekpad geval het.…
‘n Veldbrand langs die Drakenstein-gevangenis word steeds deur brandbestryders geblus, ten spyte van uitdagende omstandighede.
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit asook die Drakenstein-munisipaliteit se brandweer is ontbied na ‘n veldbrand langs die R301, wat deur sterk wind en digte plantegroei bemoeilik word. Geen strukture is geraak nie.