Die beweerde Paarlse “fotograafverkragter” se verhoor is uitgestel, terwyl ‘n tweede vrou intussen met verkragtingsaantygings na vore getree het.
Die vermeende fotograaf-verkragter Achmat Alexander het die afgelope Maandag (18 Augustus) in die Paarl-streekshof in sy verhoor skuld ontken. Alexander, ‘n bekende fotograaf in die Paarl, word aangekla van die…