Dis hoog somer en dus oestyd in die Drakensteinvallei se wingerde. En ten spyte van baie uitdagings met ’n byna verwoestende nat winter, lyk die oes vanjaar goed. Derek Clift van De Hoop-plaas in die Paarl het gesê die gehalte van hul tafeldruiwe is uitstekend. Links werk Cheslin Pedro, ’n algemene werker met 10 jaar ervaring by De Hoop, en die veteraan Saul Clarke, wat reeds 33 jaar op die plaas werk en die afgelope jare die tafeldruifbestuurder is, in die welige Autumn Crisp-tafeldruif-wingerd, waarvan die druiwe byna reg is vir die uitvoermark.Foto: Lise Beyers

Credit: SYSTEM

Tafeldruiwe op pad

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article