Die Afrikaanse Taalmonument (ATM) sal op Vrydag 20 Januarie vir die publiek gesluit wees, maar die besoekers sal kan steeds die Besoekersentrum asook die koffiewinkel op die perseel besoek.
Die ATM het ‘n kennisgewing hieroor uitgereik waarin hulle verduidelik dat ‘n fotosessie Vrydag by die monument gehou word en sal geen besoekers dus die monument self kan besoek nie.
Die monument sal wel weer op Saterdag 21 Januarie oop wees vir die publiek. Die openingstye vir Saterdag is vanaf 08:00-20:00.
Vir meer inligting, bel 021 872 3441.




