Wellington se Dorothy Klerck van Eat Cake Party is deur die Australiese koekkunstenaars- en -versierders-vereniging benoem vir die Australiese Oscar-toekennings vir koeke. Haar volgelinge en studente wat in Australië, Nieu-Zeeland en Papoea-Nieu-Guinee woon, kan nou stem vir die vier finaliste in hierdie kategorie. Die wenner word tydens ’n glansdinee op 14 Mei aangekondig. Dorothy het al in die afgelope paar jaar bekendheid verwerf vir skouspelagtige koeke wat sy gebak het soos ’n Nelson Mandela-koek van drie meter en lewensgroot wild soos ’n leeu, olifant en renoster. Sy het ook al wêreldwyd ’n string pryse vir haar suikerkuns gekry.
Sy kan koek bak
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.